Skip to content

Tag: Afrikaans

Die ou ma

Die ou vrou sit en pyp rook op die stoep
Terwyl die son sak
Sy sien my raak
En begin te roep.

Sy sê, “Kind
Kom bietjie nader.”
Sy sê, “Kind
Jy lyk net soos jou vader.”

Met krag
Wat ek nooit sou verwag nie
Gooi sy haar arms om my lyf
Sy druk my styf.

En sy lyk net soos ‘n spook
Sy ryk na rook
Sy sê, “Kind
Kind help my.
Daar is dele van my lewe wat verdwyn.
Help my hul vind.”

Silwer soos spinnerakke
Is haar haare
Haar stem klink
Soos herfs se blaare.

Sy rus haar kop op my skouer
Sy haal moeilik asem
Sy vluister, “Kind
Jou hart klop nes jou ma s’n.”

Om ons word dit stadig skemer
Om ons word dit skielik somer

Sy sê, “Kind
Hou my nader vas.”
“Want jy ryk nes ek,” sê sy.
“Toe ek nog mens was.”

Bloeisel

Vat s’blief ‘n kans met my
Dans onder die maan met my
Kom sit ‘n bietjie langs my
Ek wil voel hoe jou hitte
My eensaamheid weg spoel

Sal jy my geheime aanvaar;
My onmoontlikhede verstaan?
Met jou vingers teen my bo-been
Kan ek begin bestaan?

Die krieke skenk sterlig aan my skade;
Begin ‘n serenade…
My veraaiende gedagtes vergeet om my te bedrieg
My magteloose misdade begin selfmoord pleeg

My lyf dryf na jou toe soos ‘n vlieg na ‘n vrug en ‘n mot na ‘n lig
Jou mag trek my in soos ‘n magneet ‘n stuk metaal sou bekoor

Jou bedoeling word my doel
Is dit ook hoe jy voel?

Jou arms hou my vas
Van binne af
En tyd vergeet
Om te verjaar

Ek sien jou donker oë
Deur natuur se groen gordyne
Jy word myne

My siel gegeur met blomme,
Bars kleurfolle ballonne
Die dromme in my hart basyn

Ek skeer, skree
Ek skyn…

Ek verjaar al weer stadig

Jou woorde is soos takke
Jou sinne, spinnerakke.
Ek sê, “Lees vir my gidigte
Wat proe soos grond en gras en vryheid en vrugte.”
Jou oë word duiwel donker
En jy maak ‘n sirkel met jou hande om die maan.
“Ek verjaar al weer stadig,” se jy.
“Hoe kan jy dit verstaan?”