Skip to content

Beginsels

Jy lat my dink an fynbos en heuning
Ek voel jou in my spiere se spanning.
In die spasies tussen my kinderdae
En die masker wat ek deesdae dra
Skenk jy vir my ‘n kussing

###

Geen storie uit my hede
Sal so vassit in my verlede
Soos daai onverwagte toneel
Toe ek en jy laatoggend ‘n tafel deel
My woorde sit vas in my keel
Terwyl ons oë soos kinders hande vat
En met mekaar speel

###

As ek my hande saamvou om te bid
Bly jou hitte tussen my palms vas sit
My naels stempel sekels in my kneukels
Soos ek die vlamme probeer dooddruk
En begin an my gebed verstik

###

Droog en skaamteloos soos ‘n woestyn
Het ek geraamteloos verdwyn
Agter jou hunkerende oe
En voel teselletyd
Hoe die holte en die oorloop
Van ‘n leeftyd se hoop en verlang
Jou skielik vang
En ek raak verloore
Tussen die miriade woorde wat jy nie verby
Jou lippe kan kry

###

Om na jou woorde te luister
Voel soos die sagte fluister
Van ‘n somerrok se satyn
Teen my verlangende vel

###

‘n Eggo van jou naam
Vibreer in my geraamte
As ek my arms om my vou
Of an die binneste van my wang begin kou

###

Jou glimlag sit nog vas an my mou
En jou woorde basyn soos ‘n luiende kerk klok deur my borskas
‘n Fragment van jou fluister sit nog vas tussen my tone

###

Toe ek vir die eerste keer sien
Hoe die maanlig in jou oë skyn
Het die dogtertjie in my se vrese verdwyn

###

Sal ek virewig ‘n bloeisel bly in jou geue
Tot jy die dag besluit om my gesig
Uit jou lewens gedig uit te vee?

###

Jy vlek my in stemme van ‘n kinder koor
En verf my die kleur van ‘n engel se vlerk
Jy het jou merk in my murg gelos

###

Hoe is ek ver onderstel om jou te vergeet?
Ek het per ongeluk ‘n paar van jou sinne geslik
En het klaar an meeste van jou woorde begin kou
En an jou leuns begin verstik

###

Die swaartekrag in jou oë
Skep golwe in my trane
Die weer klink van jou woede word vasgevang
In die dimpel op my regter wang

###

Published inPoetry

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.