Skip to content

Month: July 2009

Bloeisel

Vat s’blief ‘n kans met my
Dans onder die maan met my
Kom sit ‘n bietjie langs my
Ek wil voel hoe jou hitte
My eensaamheid weg spoel

Sal jy my geheime aanvaar;
My onmoontlikhede verstaan?
Met jou vingers teen my bo-been
Kan ek begin bestaan?

Die krieke skenk sterlig aan my skade;
Begin ‘n serenade…
My veraaiende gedagtes vergeet om my te bedrieg
My magteloose misdade begin selfmoord pleeg

My lyf dryf na jou toe soos ‘n vlieg na ‘n vrug en ‘n mot na ‘n lig
Jou mag trek my in soos ‘n magneet ‘n stuk metaal sou bekoor

Jou bedoeling word my doel
Is dit ook hoe jy voel?

Jou arms hou my vas
Van binne af
En tyd vergeet
Om te verjaar

Ek sien jou donker oë
Deur natuur se groen gordyne
Jy word myne

My siel gegeur met blomme,
Bars kleurfolle ballonne
Die dromme in my hart basyn

Ek skeer, skree
Ek skyn…