Skip to content

Silwer seisoen

Jy was ‘n silwer seisoen
Versier met groen verassings
Ek was natuur se weduwee
Winter-kaal en kleurloos.

Jy kon duidelik sien
My siel was was vas betrap
In ‘n gebreekte grafsteen.

En ek het niks geweet
Van roomys drome, wilger bome
Of die heiligheid van somer reën.

Ek sal nooit vergeet
Hoe, in die sterlig
Jy my naam verander het
Na ‘n gedig.

En in jou vrugbare voetspore
Was ek van voor af gebore
Terwyl jy, in die sonsopkoms van my toekoms
Vir my ‘n sandkasteel bou.

Published inPoetry

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *