Skip to content

Month: May 2010

Glimlag

Jou lag
Weef ‘n lied
Deur jou liggam.

Jou glimlag
Skryf ‘n gedig
Op jou gesig.

Jou trane
Teken ‘n toekoms
Op jou wange.

Jou hart
Klop ‘n ritme
Van verlange.