Conscience Fiction
Poetry by Ilva Pieterse

Wonde wonderwerk

July 5th 2011 in Poetry, Writing

Ek het ons storie geskryf
Met ‘n lem op my lyf
Die son was te helder daai dag
Vir my hartklop om langer vir joune te wag.

Ek het die mes soos ‘n kwas vas gehou
En diep snye geskilder – ‘n van Gogh vir jou.

Ons verhaal het verskyn
Op my vel – lyn by lyn
En dit was helder – so rooi, so vol lewe daai pyn
Ek was seker dat die seer in my siel sal verdwyn.

Die letters van jou naam
Het bebloede kuns geword
Op al my breekbare vlaktes.

Soos ‘n straatbrak het ek jou vertrou
Waar is jy nou?
Hoe waar is jy nou?

Daai dag het die son so helder geskyn
En daar was net te veel kleur in ons samesyn
Ek het jou les diep in my spiere gekerf
En my lyf met jou lou-warm liefde geverf.


One comment to...
“Wonde wonderwerk”
Avatar
Ashley

WOW, verskriklik mooi geskryf! Kan 100% met jou identifiseer.




required



required - won't be displayed


Your Comment:

She spun a cocoon
The colour of a silent moon
Around what remained
Of her lost and un-gained.

She bound bone to bone
Stitched smile to song
And calmly coloured her cries
In the shades of reason gone wrong.

But when she saw
That her loss was a learning curve
And her being
Not a noun, but a verb –

She shed her silken armour
Turned her body [...]

Previous Entry

I am not depressed
I’m just deflated
Out of style and over-dressed
At second-best, I’m overrated

An old birthday balloon
(Out of breath, somewhat bated)
I hum my jingles out of tune
One-hit-wonders soon outdated

Like a song without sound
Mourning a muted meltdown
I’m at the point of no concern
For my inability to yearn

I am -
Whatever comes after
The past, the future
The [...]

Next Entry